Bring Hoop en Opwinding – Hopefield op 16 Mei 2026
Skrywer – Jacolene Essien
HOPEFIELD: Die rustige Weskus-dorpie Hopefield gaan op 16 Mei 2026 bruis van energie wanneer die eerste jaarlikse Weskus Waterfees 2026 plaasvind.
Sunshine Beacon 2812 Foundation” atlete van links na regs: Annemie Essien O/17, Tiffany Adams O/15, Rian -Lee O/13 en Shaun -Lee Fortuin O/19
Inwoners en besoekers kan uitsien na ’n dag vol sport, pret en ware gemeenskapsgees, met ’n verskeidenheid aktiwiteite vir oud en jonk. Vanjaar se fees is besonders, aangesien die “Sunshine Beacon 2812 Foundation” van Aurora ook aan die eerste feestelikheid gaan deelneem. As skrywer van hierdie storie, en ’n onderwyseres by Aurora Laerskool, is ek ook die stigter van die organisasie, en beplan om aan die pretdraf deel te neem.
Die jeug wat by die organisasie betrokke is, gaan aan die aflosse en die pretdraf deelneem, en daar heers reeds groot opgewondenheid in Aurora oor hul betrokkenheid by die Weskus Winterspele.
Bejaarde deelnemers word aangemoedig om aan die sportaktiwiteite deel te neem om ’n belangrike boodskap oor te dra:
“oumas en oupas gee steeds om – en staan op vir hul kinders en kleinkinders se toekoms”
Die hoofdoel van die geleentheid is om fondse in te samel vir die bou van ’n swembad vir Hopefield se kinders, ’n droom wat reeds lank in daardie gemeenskap leef. Hierdie projek sal nie net ontspanning bied nie, maar ook ’n veilige plek waar kinders kan leer swem.
Volgens die stigter en organiseerder van die Weskus Waterfees, is die doel ook daarop gemik om samewerking en gemeenskapsbou te versterk. Met sport-items, kosstalletjies en vermaak wat beplan word, beloof die dag om ’n hoogtepunt op die plaaslike kalender te wees. Die publiek word aangemoedig om in groot getalle op te daag en hul steun te wys vir hierdie waardige saak.
Hierdie fees het die potensiaal om ’n blywende verskil in die lewens van Hopefield se kinders te maak, en dit begin alles met ’n dag van eenheid en sportiewe gees.
Programhoogtepunte van die dag
Die dag skop af met ’n 5 km stap en draf (Fun Run), gevolg deur ’n 5 x 1 km aflos-wedloop.
Die aflos is gestruktureer om jong en ou deelnemers te betrek. Volgens April het hy besluit om dié dag te gebruik om gemeenskapslede deur sport bymekaar te bring, aangesien dit ook op 16 Mei sy 70ste verjaarsdag is.
“Om elke keer te aanskou hoe ons kinders in vuil rivierwater moet swem, is nie maklik nie,” het April vertel. “West Coast Sports Solutions is vyf jaar gelede gestig om deur middel van sport ’n verskil te maak. Ons gemeenskap se kinders kry baie min geleenthede, en dit is juis waarom ek die organisasie begin het.”
- O/13 begin met die eerste 1 km
- Daarna volg O/15, O/17 en O/19
- Die laaste deelnemer kan enige ouderdom tot 100 jaar wees
Elke deelnemer voltooi ’n volle 1 km voordat die aflosstok oorhandig word.
’n Besonderse hoogtepunt is die “70-meter wedloop vir 70-jariges, waar deelnemers 7 dae jonger of ouer as 70 mag wees. Die stigter van West Coast Sports Solutions, George April, is self een van die uitdagers.
Daar word ook ’n “3 x 70 meter rolstoel-aflos” beplan, met stoters van 60 jaar en ouer.
Die dag word verder afgerond met dansers, sangers en ander vermaak, wat sorg vir ’n feestelike atmosfeer vir die hele gesin.
Die hoogtepunt van die dag – die wenners van die sms kompetisies word aangekondig
