Vier Vuurpyle van Moorreesburg Skiet na Goud!

Ouers wag nou op finale uitslae vir Boland Atletiek

Vier jong atlete van Laurie Hugo Primêr, Moorreesburg, het verlede week die baan aan die brand gehardloop toe hulle goud verower het in die dogters o/10 aflos tydens hul sone-atletiekbyeenkoms.

Foto verskaf – ouers gee toestemming vir plasing.

  • Alnique Klaase

  • Brenneke Koopman

  • Elesckia van de Ross

  • Hayley Swartz

Met uitstekende spanwerk, blitsige spoed en ware vasberadenheid het hierdie vier vuurpyle eerste oor die wenstreep gegaan en die goue medalje ingepalm.

Ander goeie atletiek nuus uit Moorreesburg, is dat Elesckia van de Ross ’n sprinter by Laurie Hugo Primêr is, ’n skool wat bekend is vir sterk deelname in atletiek.

Daar word tans gewag op bevestiging of hul wen-tyd sterk genoeg was om deur te dring na Boland Atletiek. Indien hulle kwalifiseer, sal dit ’n groot mylpaal wees vir hulself, hul trotse ouers en die hele Moorreesburg-gemeenskap.

West Coast Sports Solutions sê baie geluk aan hierdie jong kampioene.  Julle wys reeds op ’n jong ouderdom wat moontlik is met harde werk en span-gees.

Ons hou duim vas vir Boland!

Please help us spread the word: