Jong leier van Aurora Inspireer deur Musiek, Diens en Passie

Skrywer – Jacolene Essien

AURORA:- In ’n tyd waar jongmense dikwels onderskat word, wys Jade Hofmeester dat ouderdom geen beperking is wanneer dit kom by leierskap, passie en die vermoë om ’n verskil te maak nie.

Jade, wat as speelgoedambassadeur by haar skool dien,  staan reeds bekend vir sy liefde vir musiek, dans en drama – talente wat hy nie net vir homself hou nie, maar gebruik om ander te inspireer en mense bymekaar te bring.

Sy passie vir die uitvoerende kunste en sy betrokkenheid by gemeenskapsprojekte, het reeds diep spore begin trap.   Organisasies en gemeenskapslede het sy unieke vermoë raakgesien om mense saam te trek en positiewe energie in projekte te bring.

Hy is deur ICA (Initiative for Community Advancement), waar hy reeds voorheen betrokke was,  genader om te help met fondsinsamelings.   Volgens mense wat saam met haom werk, beskik Jade oor ’n besondere gawe om mense te verenig en suksesvolle geleenthede te organiseer.

“Jade is iemand wat nie huiwer om sy tyd en talente beskikbaar te stel om ander op te bou nie,”  vertel persone wat nou saam met hom werk.  Haar liefde vir musiek staan veral uit,  nie net as vermaak nie, maar as ’n kragtige instrument om jongmense hoop te gee en gemeenskappe nader aan mekaar te bring.

Verlede jaar het Jade die gewilde Mej en Mnr HS Aurora”- modeparade gereël,  ’n geleentheid wat deur baie as ’n groot sukses beskryf is.  Dit het nie net talent op die verhoog uitgelig nie, maar ook selfvertroue, trots en gemeenskapsgees onder deelnemers aangewakker.

Die sukses van die projek strek selfs verder:  die wenner wat as Mej HSA 2025 gekroon is,  is tans op pad na Johannesburg om aan ’n groter kompetisie deel te neem – iets wat wys hoe plaaslike geleenthede groot drome kan laat groei.

Nog ’n organisasie, “Sunshine Beacon 2812 Foundation”,  ’n nuutgestigde inisiatief wat fokus op die bemagtiging van jongmense, het reeds belangstelling getoon om met Jade saam te werk.  Hulle sien groot potensiaal in sy vermoë om jongmense te motiveer en gemeenskappe deur kreatiewe projekte saam te snoer.

Met sy kreatiwiteit, natuurlike leierskap en opregte liefde vir mense, bewys Jade Hofmeester dat jongmense nie net die leiers van môre is nie,  hulle maak reeds vandag ’n verskil.  Vir baie inwoners van Aurora is Jade nie net nóg ’n jong persoon met talent nie;  hy is ’n herinnering dat passie, diensbaarheid en ’n hart vir ander, die krag het om gemeenskappe te verander.

En indien haar huidige pad enigiets voorspel, is dit dat Aurora nog baie van Jade Hofmeester gaan hoor.

WCSS Online

Please help us spread the word: